Die Pos front page
HOME / VOORBLAD

NUUS/NEWS INDEX/INDEKS

DIARY/DAGBOEK

WEATHER/WEER

SMALLS / KITSGIDS

FARMING/BOERDERY

LETTERS/BRIEWE

TITBITS/ONS HOOR

STOP
CRIME/MISDAAD

SPORT

WOMEN/VROUE

RECIPES/RESEPTE

CONTACT US
KONTAK ONS

EMERGENCY NUMBERS
NOODNOMMERS

Leer ken jou 4x4 by ‘Skuinsgat’ en ‘Banggatbriek’
2 Junie, 2006

Mnr. Frans (Stolla) Stoltz, een van min opgeleide 4x4-sneeuinstrukteurs in die land wat deur die Britse Weermag opgelei is, is saam met Die Pos verantwoordelik vir ’n nuwe 4x4-rubriek, wat elke eerste week van die maand gaan verskyn.

Stoltz was destydse vir agt jaar lank by die Weermag se pantserskool verantwoordelik vir die opleiding van instrukteurs by die bestuur en onderhoudsentrum, waar hy breë kennis en ondervinding van 4x4-bestuursvernuf opgedoen en toegepas het. Hy was ook betrokke by Gerotek, waar hy met 4x4-voertuie se ontwikkelingsprogramme te doen gehad het.

Deel van sy kennis en ondervinding het hy opgedoen toe hy 4x4-opleiding in Afrika-lande soos Nigerië aangebied het. Hy is ’n gekwalifiseerde toetsbeamtpe by die departement van vervoer, is ’n Seta-assessor ten opsigte van opleiding en assisteer, doen gevorderde groter voertuig toetse en ook gevorderde 4x4-kursusse.

Hy spesialiseer in gevorderde voertuigbestuur-opleiding op alle voertuigkodes, hoë spoedkursusse met voertuighantering en het ook ’n 4x4-kursus by die Landrover Akademie voltooi en diens tans in die bestuursopleiding-kontrakte vir Eskom in Limpopo en Mpumalanga.

Die Pos se 4x4-rubriek sal deur Stoltz hanteer word. Indien u roete — veral nuwe, onbekende roetes — in die Waterberge bekend wil stel, skakel vir Stoltz by tel. 072 138 0158.

Die roete moet egter aan ’n sekere kriteria voldoen.

Die eerste 4x4-roete wat deur Die Pos en Kariba 4x4 besoek is, is die Kloofsig 4x4 Roete buite Modimolle (Nylstroom).

Kloofsig is aan die voet van die Waterberg-reeks tussen Modimolle en Mabatlane (Vaalwater) en is een van die uitdagendste 4x4-roetes in die omgewing.

Die roete is op die plaas van die Barnard-familie. Die natuurskoon van die roete is opvallend en wanneer die 4x4-rat inskakeling begin, weet ’n mens nie of jy jou moet verlustig aan die natuurskoon en of jy moet konsentreer op die vermoëns van jou voertuig nie. ’n Ideale familie-roete, dus.

Onwetend wat voorlê by die eerste uitdagende hindernis wanneer die ewenaar-slot ingeskakel word, verander die roete in ’n ware 4x4-avontuur.

Die roete strek oor 26 km en kan binne 3 ure afgehandel word, afhangend van die gebruik van die natuurlike hindernisse. Die roete strek oor die derde hoogste punt in die Waterberg-reeks en die uitsig bo vanaf die plato is asemrowend — daar kan ver oor die vlaktes gekyk word.

Die roete kan geklassifiseer word as ’n graad 4-roete, met verskillende natuurlike hellings met ekstreme afdraandes, skuinshellings — soms ’n bietjie klipperig en ’n modderagtige terrein. Dit was juis daar dat die voertuie met Die Pos se besoek lekker vasgeval het.

Wanneer die roete by Kloofsig aangedurf word, moet 4x4-entoesiaste onthou dat hierdie roete selfonderhoudend is en as herwinningsuitrusting is ’n spaarband vir die klipperige gedeeltes en gewone 4x4-herwinningsuitrusting noodsaaklik vir die modderige gedeeltes in die vlakte en waterlope.

Op sekere gedeeltes van die roete is die aanbeveling om lae ratverhouding te gebruik. By Kloofsig word daar met alle fasette van 4x4 te doen gekry.

Die roete beskik oor akkommodasie in die vorm van ’n gastehuis en daar is ook kampgeriewe in die boskamp. Vierwiel-woonwaens kan die boskamp bereik. Dit is veral wanneer die eerste helling “Skuinsgat hoogte”, wat 1 660 m bo seevlak bereik word, dat ’n asemrowende uitsig oor die Springbokvlakte te bespeur is. Die hoogste punt op die roete is “Banggatbriek” en dit is daar waar die tegniek van die enjinkrag om die spoed van die voertuig te reguleer, ter sprake kom. Dié helling is baie klipperig en voertuigbestuurders en passasiers moet hul sit ken.

By “Wieletjies Drop” is dit ook vashou en oë toeknyp. Die 4x4-voertuig bestuurder wat dink hy ken sy voertuig, besef eers daar waartoe sy wa in staat is. Die roete beskik oor interessante natuurlike hindernisse wat deel vorm van ekologiese aantekeninge — wat hoog op die agenda was met die beplanning van die roete. ’n Groot aantal inheemse bome en voëls is ook op die bergagtige gedeelte van die roete te sien. Nog besonderse bakens op die roete is “Wegkruiperdiepte”, Vrekdorsput en “Skuinstebult”.

Hindernisse op die roete en die roete selfs is aangedui deur sinvolle roete-merkers. Wanneer die roete voltooi is en die bestuurder sy vernuf gewys het en daar weer by die voet van die berg aangedoen word, word besef dat dit ’n besonderse uitdaging was.

Vir navrae oor die roete skakel vir Adam of Riekie Barnard by tel. 082 770 1628.

© Die Pos