Die Pos front page
HOME / VOORBLAD

NEWS/NUUS

DIARY/DAGBOEK

HAPPENINGS
JOLIFIKASIES

WEATHER/WEER

SMALLS / KITSGIDS

FARMING/BOERDERY

LETTERS/BRIEWE

CHAT TO US
GESELS SAAM

TITBITS/ONS HOOR

STOP
CRIME/MISDAAD

SPORT

WOMEN/VROUE

RECIPES/RESEPTE

CONTACT US
KONTAK ONS

EMERGENCY NUMBERS
NOODNOMMERS

CHILDREN'S FUND
KINDERFONDS


Let us know of any events in the Bushveld area.
Hou ons op die hoogte van gebeure in die Bosveld.
Fax: (014) 736-3428 E-mail: diepos@icon.co.za e-mail

  • Laat weet asseblief betyds van gebeure en nie eers die dag voor die tyd nie. Faks u Dagboek-inskrywings voor Dinsdae om eenuur na (014) 736-3428 of gee dit by enigeen van die Pos se kantore in. 5-7 MAART:
  •  Die Bosveld Voetslaanklub gaan stap by Grootwater naby Lephalale. Daar is ’n toegeruste boskamp en dis ’n pragtige waterryke, bergagtige omgewing. Vir navrae bel vir Paul Kern by tel. 084 402 7352.
    FRIDAY, 5 MARCH:
  •  There will be a Women’s World Day of Prayer service at the Methodist Church in Luna street at 14:00. This is the 80th celebration of the WWDP. We welcome all who wish to attend.
    SATERDAG, 6 MAART:
  •  Die 1990-matrieks van Hoërskool Warmbad hou hul 20-jaar reünie om drie-uur die middag by die hoërskool se lapa. Vir navrae bel vir Suria (Kok) Francis by tel. 082 672 4774 of stuur epos na: suria@lantic.net(.)
    DINSDAG, 9 MAART:
  •  Die Bosveld Fotografieklub vergader by Wiltinet Eiendomme se kantore op Modimolle om halfsewe. Bel vir Kobus Pienaar by tel. 082 809 8875 of tel. 072 169 9902.
    WOENSDAG, 10 MAART:
  •  Die ATKV-tak InniKol-Lig van Modimolle vergader om sesuur by Maroelalaan 30, Modimolle. Alle belangstellendes is welkom. Vir inligting bel me. Adriana Rolvink by tel. (014) 717 5050 of tel. 072 610 5367.
    VRYDAG, 12 MAART:
  •  “Music on the Farm” saam met ’n vertoning van die Dolce Chix word aangebied deur Academia Privaatskool op Bela-Bela. Dit sal op Swallows Rest Farm buite Bela-Bela gehou word. Die funksie begin om sesuur vir halfsewe. Kaartjies kos R100 vir volwassenes, R50 per kind en R50 vir pensioenarisse. Dit sluit ’n ete en die vertoning in. Vir meer inligting bel vir Alice by tel. 082 469 1364.
  •  Die Naboom Tuiste vir Bejaardes bied ’n Kevin Leo-konsert aan. Dit begin om drie-uur die middag in die saal van die Tuiste. Toegang is gratis.
    SONDAG, 14 MAART:
  •  Jaarlikse Paasdiens, “Sewe woorde aan die kruis” met harp, Woord en sang vind plaas by die Warmbad-wes NG-gemeenthe op die hoek van Oosthuizen- en Gilfil-lanstrate om sesuur die aand. Almal is baie welkom. Bel vir me. Hannalie Kriek vir meer inligting by tel. 083 719 9949.
    DINSDAG, 16 MAART:
  •  Die Nylstroom VLU vergader in die Marie Bergsmasaal op Modimolle om halfdrie. Alle nuwe lede is welkom.
  •  Die Warmbad SAVF vergader om twee-uur in die SAVF-saal op die hoek van Ludorf- en Mentzstrate. Me. Johanneli Knoetze, maatskaplike werker van die CMR, sal praat oor die bemagtiging van milieu-gestremde vroue. Almal is welkom, in besonder mense wat by hierdie projek betrokke wil raak. Vir inligting bel me. Raché Smit by tel. (014) 736-2602 of tel. 082 8260 174.
    WOENSDAG, 17 MAART:
  •  ’n Mosaikoggend word van nege-uur tot twaalfuur gehou tydens die VLU-vergadering by die Gereformeerde Kerksaal op Vaalwater. Almal is baie welkom. Bel vir Retha by tel. 082 782-4205.
    DONDERDAG, 18 MAART:
  •  Kleuterskool Bosveldspruitjies op Bela-Bela hou hul jaarlikse pretloop om kwart voor ses.
    MAANDAG, 22 MAART:
  •  Die mannebediening van die NG Moedergemeente op Bela-Bela bied op Maandag, 22 Maart (’n openbare vakansiedag), ’n heerlike kuierdag vir die hele gesin aan in die vorm van ’n “skattejag-ralley”. Vir enige navrae skakel die kerkkantoor by tel. (014) 736-2788 of vir Casper de Bruyn by tel. 072 3690 887 of Hennie Ludik by tel. 082 4550 215. Almal is welkom, maar besprekings is noodsaaklik.