Die Pos front page
HOME / VOORBLAD

NUUS/NEWS INDEX/INDEKS

DIARY/DAGBOEK

WEATHER/WEER

SMALLS / KITSGIDS

FARMING/BOERDERY

LETTERS/BRIEWE

TITBITS/ONS HOOR

STOP
CRIME/MISDAAD

SPORT

WOMEN/VROUE

RECIPES/RESEPTE

CONTACT US
KONTAK ONS

EMERGENCY NUMBERS
NOODNOMMERS

Kragpale afgesaag
Vrydag, 14 Mei, 2010

Annelize Barkhuizen

Inwoners van Vaalwater en Alma was die afgelope week vir langer as 48 uur sonder krag nadat kragpale van die Eskom-hooflyn glo afgesaag is.

Drie dubbelkragpale is glo op Saterdag, 8 Mei, op die Vaalwater/Elandsfontein-afdraai afgesaag en het ’n kragonderbreking veroorsaak wat vir dae geduur het.

Die vorige Saterdag is daar ook vyf enkelpale afgesaag tussen Jasper en Middelfontein. “Geen aluminiumkabels is in die proses gesteel nie en ’n saak van sabotasie is geopen. Op hierdie stadium is die motief onbekend,” het kapt. Pierre Nel van die polisie se speurtak op Modimolle aan Die Pos gesê.

’n Sakmes is op die toneel gevind en die polisie vermoed dit het uit een van die verdagtes se sakke geval. Indien iemand inligting oor die sakmes of voorval het, bel vir Nel by tel. 082 565 7800.


© Die Pos