Die Pos front page
HOME / VOORBLAD

NUUS/NEWS INDEX/INDEKS

DIARY/DAGBOEK

WEATHER/WEER

SMALLS / KITSGIDS

FARMING/BOERDERY

LETTERS/BRIEWE

TITBITS/ONS HOOR

STOP
CRIME/MISDAAD

SPORT

WOMEN/VROUE

RECIPES/RESEPTE

CONTACT US
KONTAK ONS

EMERGENCY NUMBERS
NOODNOMMERS

Kinkel en kabel met ondersoek na leêrs
Vrydag, 14 Mei, 2010

Ena Boshoff

’n Hofsaak wat die afgelope tyd in die landdroshof op Mookgophong (Naboomspruit) gedien het, het ’n kinkel in die kabel gekry met bewerings van groot geld om lêers in die hande te kry.

Die Pos het onlangs berig oor ’n inbraak by twee kantore by die dorp se polisiestasie toe ’n speurder en die speurhoof se kantore oopgebreek is. Na wat verneem word, was die doel glo om ’n hele paar lêers wat oor ’n sekere saak handel, te bekom en na bewering “permanent te verwyder”.

Dié inbraak op ’n Saterdagaand tydens ’n langnaweek in Maart, het toe blykbaar nie die gewenste resultate opgelewer nie omdat die speurhoof dié lêers die naweek huis toe geneem het vir inspeksie. Verlede week is ’n reservis wat dié naweek diens gedoen het in die aanklagkantoor, in hegtenis geneem in verband met die twee inbrake. Hy het op Vrydag, 7 Mei, in die landdroshof op die dorp verskyn.

Die opspraakwekkende kinkel het gekom toe die reservis in sy verklaring beweer het hy is glo R320 000 aangebied om dié betrokke lêers te steel. Na wat verneem word, het hy glo ook in sy verklaring geskryf hoeveel moeite hy moes doen om ’n hoeksnyer te kry om die slotte van die speurders se deure oop te maak.

Volgens inligting is moersleutels glo uiteindelik vir die doel gebruik. Die saak word nog ondersoek. Die Pos verneem nog ’n verdagte kan moontlik binnekort in hegtenis geneem word.

Volgens inligting is speurders warm op die spoor.


© Die Pos