Die Pos front page
HOME / VOORBLAD

NUUS/NEWS INDEX/INDEKS

DIARY/DAGBOEK

WEATHER/WEER

SMALLS / KITSGIDS

FARMING/BOERDERY

LETTERS/BRIEWE

TITBITS/ONS HOOR

STOP
CRIME/MISDAAD

SPORT

WOMEN/VROUE

RECIPES/RESEPTE

CONTACT US
KONTAK ONS

EMERGENCY NUMBERS
NOODNOMMERS

Landwye protesoptog teen Misdaad op 19 Mei
Vrydag, 14 Mei, 2010

'n Nasionale protesdag teen misdaad word landwyd op Woensdag, 19 Mei, gehou. Dit sal ’n vreedsame en ordelike protes wees om te wys hoe belangrik Suid-Afrikaners en hul kinders se veiligheid vir hulle is.

Die optog word in samewerking met die vakbond Solidariteit gehou en daar word ’n beroep gedoen op boere, sakelui en inwoners om hande te vat en saam te staan. Slagoffers van plaasaanvalle en misdaad sal ook aan die optog deelneem.

Hulle verwag soveel as 150 000 Suid-Afrikaners op honderde dorpe regoor Suid-Afrika, wat aan die protes sal deelneem. Alle gemeenskaporganisasies, gemeenskapbeveili-gingstrukture, vakbonde en kerke is welkom om die dag te steun.

Die organiseerders doen ’n beroep op mense uit dorpe, stede en plaasgemeenskappe om aan die veldtog deel te neem. Die beweging sal poog om ’n rekord op te stel vir die meeste protesmemorandums wat op een dag in Suid-Afrika oorhandig word. Memorandums sal op hierdie dag aan polisiestasies oor die hele land oorhandig word.

Mense word gevra om so ver moontlik rooi hemde te dra. Die organiseerders wil Suid-Afrika op dié dag vir een dag rooi maak ter herinnering aan al die onskuldige bloed wat gevloei het. Memorandums sal ook op rooi papier gedruk word en plakkate en baniere sal rooi wees.

Mnr. Coen Seegers, wat in 2007 op sy plaas naby Tuinplaas aangeval is, sal onder meer een van die mense wees wat ’n memorandum aan die bevelvoerder van die Mookgophong-polisie oorhandig.

Mense van die Mookgophong (Naboomspruit) munisipale gebied kom om tienuur op die terrein tussen die NG Kerk en Hervormde Kerk saam, en beweeg vandaar na die polisiestasie. Inwoners van die Mookgophong-township sal ook van die stasie af beweeg en by die ander inwoners by die polisiestasie aansluit. Almal sal weer teen elfuur terug wees by die vertrekpunt, sê die organiseerders.

Almal vir wie die bekamping van mis-daad belangrik is, word versoek om asseblief deel te neem en te wys dat hulle omgee. Werkgewers word versoek om personeel vir een uur af te gee.

Die sameroeper is me. Marianthie van der Walt, streeksorganiseerder van Solidariteit se Helpende Hand. Haar nommer is tel. 082 741 7858. Sy word bygestaan deur mnre. Philip van Staden van die Inwonersforum (tel. 072 111 7514) en Ockert Scherman (tel. 073 139 0009).

Op die ander dorpe is die kontakpersone mnr. Henk Botha (Modimolle) by tel. 082 902 5590, me. Retha van der Merwe (Vaalwater) by tel. 082 782 4205 en mnr. Pieter Grobelaar (Bela-Bela) by tel. 082 920 4782.

  • Solidariteit se Naboomspruit Helpende Hand-tak bied op Vrydag, 21 Mei, ’n sakeontbyt aan in die NG Kerksaal. Vir meer inligting, bel hul voorsitter, me. Pat Groenewald, by tel. 082 925 5514.


    © Die Pos