Die Pos front page
HOME / VOORBLAD

NUUS/NEWS INDEX/INDEKS

DIARY/DAGBOEK

WEATHER/WEER

SMALLS / KITSGIDS

FARMING/BOERDERY

LETTERS/BRIEWE

TITBITS/ONS HOOR

STOP
CRIME/MISDAAD

SPORT

WOMEN/VROUE

RECIPES/RESEPTE

CONTACT US
KONTAK ONS

EMERGENCY NUMBERS
NOODNOMMERS

Ongeluk op snelweg eis drie
4 Junie, 2010

’n Ongeluk waarin twee voertuie en ’n brandstoftenkwa op die N1-snelweg naby Bela-Bela op Sondagaand, 30 Mei, betrokke was, het die lewens van drie mense geëis. Die ongeluk het laatnag plaasgevind tussen die Bela-Bela- en die Pienaarsrivier-afritte. Die voertuie was in ’n noordelike rigting op pad.

Die ongeluk het volgens ooggetuies chaos op die pad veroorsaak en verkeer is tot in die vroeë oggendure ontwrig nadat een van die voertuie se bestuurders vermoedelik beheer verloor het en bo-op die voorste gedeelte van die brandstoftenkwa se dak te lande gekom het. Dié voertuig het daarna bo-op ’n ander voertuig op die snelweg te lande gekom.

Drie mense is op die toneel dood. Vier erg beseerde pasiënte is na die provinsiale hospitaal op Bela-Bela vervoer en Tromar Ambulansdiens het die brandstoftenkwa se bestuurder, mnr. Tinus Prinsloo, na die Muelmed-hospitaal in Pretoria vervoer.

Prinsloo se beserings is volgens ’n woordvoerder van die Muelmed-hospitaal ernstig, maar hy is in ’n stabiele toestand.

Bewerings dat een van die voertuie ’n kaping probeer uitvoer het, kon teen druktyd nie bevestig word nie.

© Die Pos