Die Pos front page
HOME / VOORBLAD

NUUS/NEWS INDEX/INDEKS

DIARY/DAGBOEK

WEATHER/WEER

SMALLS / KITSGIDS

FARMING/BOERDERY

LETTERS/BRIEWE

TITBITS/ONS HOOR

STOP
CRIME/MISDAAD

SPORT

WOMEN/VROUE

RECIPES/RESEPTE

CONTACT US
KONTAK ONS

EMERGENCY NUMBERS
NOODNOMMERS

Bulle, Steve, Sarel Seemonster...
almal onder een dak

4 Junie, 2010

Ena Boshoff

Maak maar reg vir vet pret by die Windpompfees van 10-12 Junie by Mookgophong (Naboomspruit) in die Bosveld. Dan is jy net op die regte plek, sê die organiseerders. Groot verrassings wag boonop op feesgangers.

Blou Bulle wat by die fees kom kuier, sal vir die manne (en sommige vroue) ’n heerlike verrassing wees. Hoeveel van hulle die fees gaan besoek, is nog nie seker nie, maar die Super14-beker kom glo ook saam.

Suzuki sal hul veelterreinvoertuie ten toon stel en feesgangers kan saam met die instrukteurs hierdie voertuie se buitengewone vermoëns ervaar en geniet. Dit sal beslis baie aandag van die mans en seuns geniet.

Benewens die biertuin en pretpark, sal Solidariteit ’n aanslag maak op die langste wors wat nog ooit gemaak is. Dan is daar nog ’n wynkursus, perdeskou, beesveiling, hondeskou, sterkman en Wielie Walie vir die kleuters.

Gewilde kunstenaars wat sal optree, is Steve Hofmeyr, Thys die Bosveldklong, Romanz, Rapport Legendes, Snotkop, David Fourie, Izak Davel en DJ Ossewa. Plaaslike kunstenaars sal ook kans kry om hul slag te wys.

Dit is nou die derde jaar dat die Windpompfees aangebied word en almal wil gewoonlik weet waar die fees sy naam kry.

Volgens die feeskomitee voorsien windpompe lewegewende water, wat ’n basiese noodsaaklikheid is. Indien die water aanhoudend pomp, sal dit naderhand oorloop en aan die omliggende gebied water, en dus lewe, gee. Net so kan die omliggende gebiede voordeel trek uit die Windpompfees.

Daar wag baie vermaak op die jeug, sê die organiseerders. Mnr. en Mej. Windpompfees sal aangewys word, om maar net een van die items te noem waar elkeen se aanmoediging nodig sal wees.

Feesgangers moet hul eie stoele saambring as hulle vermaak in die arena wil bywoon. Toegang is R60 vir volwassenes en R50 vir laerskoolkinders. Naweekkaartjies is teen R150 vir die hele naweek verkrygbaar by Bush Man Trading, Bak en Kuns en C&A Mokopane.

Vir meer inligting bel me. Glana Schoeman by tel. 082 372 8448.

© Die Pos