Die Pos front page
HOME / VOORBLAD

NEWS/NUUS

DIARY/DAGBOEK

HAPPENINGS
JOLIFIKASIES

WEATHER/WEER

SMALLS / KITSGIDS

FARMING/BOERDERY

LETTERS/BRIEWE

TITBITS/ONS HOOR

STOP
CRIME/MISDAAD

SPORT

WOMEN/VROUE

RECIPES/RESEPTE
INDEX/INDEKS

CONTACT US
KONTAK ONS

EMERGENCY NUMBERS
NOODNOMMERS

CHILDREN'S FUND
KINDERFONDS


Non-Java Browsers: Back to recipe index

Kaas en brood is trooskos

Kaas en brood het teen die tyd al waarskynlik sterstatus by elke ma of kosmaker verdien.
Dis heilsame kos, vinnige kos, trooskos, veelsydige kos, pasmaats en sorgkos wat op elke tafel tuis is.
In resepteboeke bly kaas bobaas en op spyskaarte in restaurante ewe gebruikersvriendelik. Dis ’n vinnige ete in vele gedaantes Saam met vye en roket kry kaas cordon bleu-status. En as geroosterde broodjie saam met enigiets het dit kwalik sy gelyke.
Vra Die Pos verlede week ’n uithaler-kok op Bela-Bela (sy het ook vele ander talente) vir ’n brood-en-kaas-resep.
Sy verwys my summier na formidabele vrou nr. 2, ook van Bela-Bela. Nee, sę sy, “ek is ’n Wenresepte-kok”. Vir my kan dit (die resepte) nie beter nie. Sy is baie lief vir kosmaak en bak, bieg sy, maar haar resepte kom uit Wenresepte. Ons is vandeesweek terug by formidabele vrou 1. Terloops haar beesstertbredie is ook legendaries op die dorp. (En as haar gaste moeg raak, mag hulle solank op haar mat rus terwyl sy die nagereg voorberei.)
Haar vrygewige hart versag. Die resepte kan Die Pos-lesers kry, maar nie haar naam nie. Hoogstens dat sy en van haar vriendinne “die Boksombende” is. Die kaasbal en haar aartappelsuurdeegbrood of die growwe bruinbrood, is by lede van die kuierbende alte bekend.
Hoop die lesers geniet dit ook!

GROWWE BROOD

  • 2 koppies Nutty Wheat
  • 1 koppie gemengde sade (sonneblom, sesame, lynsaad en poppiesaad vir bo-op)
  • 2 eetl. heuning
  • 1 houer karringmelk
  • 1 tp koeksoda
  • 1 eier (geklits)
  • ˝ koppie kookolie
  • sout

    Metode:

  • 1. Meng die koeksoda en karringmelk saam.
  • 2. Meng dan die droë bestanddele.
  • 3. Meng nou alles saam en skep in broodpan.
  • 4. Strooi poppiesaad oor.
  • 5. Bak by 180° grade vir sowat 35 minute.
  • 6. Geniet die detox-broodjie!

    KAASBAL:

  • 1 koppie gerasperde Cheddarkaas (sterk)
  • 1 houer Phillidelphia roomkaas
  • ˝ koppie botter gerasper

    Metode:

  • 1. Meng alles saam tot glad.
  • 2. Skep op ’n kleefplastiek (Gladwrap) vierkant en vorm met hande aan die buitekant van die plastiek ’n bal.
  • 3. Maak ’n pakkie Niknaks fyn en rol die bal daarin. Ander geure wat ook heerlik is, is fyn biltong en sesamesaad.
  • 4. Hou in yskas tot gebruik word.
  • 5. Sit voor saam met vars gebakte brood of kaasbeskuitjies.
  • 6. Is vinger-lek-lekker!!