
HOME / VOORBLAD
NEWS/NUUS
DIARY/DAGBOEK
HAPPENINGS JOLIFIKASIES
WEATHER/WEER
SMALLS / KITSGIDS
FARMING/BOERDERY
LETTERS/BRIEWE
TITBITS/ONS HOOR
STOP CRIME/MISDAAD
SPORT
WOMEN/VROUE
RECIPES/RESEPTE
INDEX/INDEKS
CONTACT US KONTAK ONS
EMERGENCY NUMBERS NOODNOMMERS
CHILDREN'S FUND KINDERFONDS
|
Non-Java Browsers: Back to recipe index
Bederf bobaas-ma's met botterbroodjies
Doen dit dié Moedersdag in styl vir Ma.
Vergeet van klonte-pap en gebrande roosterbrood. Spek en olie-eiers is óók van die spyskaart af. Al wat die pa’s met tien duime in die kombuis en die spruite gaan nodig hê, is dié botterbroodjie-resep van Die Pos se kosvrou, me. Kotie Wagner, of “ontbytskons”, soos sy dit noem. Bederf jou ma of die vrou in jou lewe met dié botterbroodjies. Volg net die resep, werk lig met die deeg en die stryd is gewen.
Bestanddele
500 ml koekmeelblom
20 ml bakpoeier (sien Wagner se nota oor bakpoeier)
3 ml sout
25 ml botter
175 ml melk of melk en water
|
Metode:
1. Sif droë bestanddele saam en vryf die botter in die droë bestanddele in “totdat dit soos growwe mieliemeel lyk”.
2. Roer of ‘sny’ die melk met ’n mes in. Moenie aanhou meng nie. “Sny” liggies in totdat dit net gemeng is.
3. Druk die deeg liggies op ’n meelbestrooide oppervlak en rol liggies bymekaar tot ongeveer 20 mm dik.
Druk af met koekiedrukker of sny in vierkante, driehoeke of hoe ook al. Bak 12-15 minute by 180°C.
|
|
|
|