Die Pos front page
HOME / VOORBLAD

NEWS/NUUS

DIARY/DAGBOEK

HAPPENINGS
JOLIFIKASIES

WEATHER/WEER

SMALLS / KITSGIDS

FARMING/BOERDERY

LETTERS/BRIEWE

TITBITS/ONS HOOR

STOP
CRIME/MISDAAD

SPORT

WOMEN/VROUE

RECIPES/RESEPTE
INDEX/INDEKS

CONTACT US
KONTAK ONS

EMERGENCY NUMBERS
NOODNOMMERS

CHILDREN'S FUND
KINDERFONDS


Non-Java Browsers: Back to recipe index

Rina se wenner pizza

Rina van der Westhuizen, wat aan die stuur staan van Hoërskool Nylstroom se hotelhoudingskool, het net die ding wat hongerige kinders se mae kan stilmaak — pizza. Rina sê hierdie resep is werklik 'n groot wenner. Dié kenner in die kookkuns behoort te weet!

Deeg:
250 ml meelblom
10 ml bakpoeier
1 ml sout

Metode:

  • Sif die droë bestanddele alles saam.
  • Sny daarby 25 ml margarien.
  • Klits 1 eier en 125 ml melk en voeg dit ook by.
  • Meng en smeer in 'n gesmeerde pizzabord.

    Vulsel:
    500 ml gevlokte skelvis (haddock)
    25 ml gekapte agurkies
    25 ml gekapte uie
    100 ml gesnyde sampioene
    500 ml tamaties (in blokkies gesny)
    50 ml blatjang
    25 ml mayonnaise gemeng met 10 ml mosterd
    500 ml gerasperde kaas
    Peper of sout, oreganum

    Metode:

  • Pak afwisselende lae van die bestanddele en dan die souse en geurmiddels.
  • Voeg die kaas laaste bo-oor.
  • Bak ongeveer 20 minute by 180°C