Die Pos front page
HOME / VOORBLAD

NEWS/NUUS

DIARY/DAGBOEK

HAPPENINGS
JOLIFIKASIES

WEATHER/WEER

SMALLS / KITSGIDS

FARMING/BOERDERY

LETTERS/BRIEWE

TITBITS/ONS HOOR

STOP
CRIME/MISDAAD

SPORT

WOMEN/VROUE

RECIPES/RESEPTE
INDEX/INDEKS

CONTACT US
KONTAK ONS

EMERGENCY NUMBERS
NOODNOMMERS

CHILDREN'S FUND
KINDERFONDS


Non-Java Browsers: Back to recipe index

Anet se pizzatertjies

Anet Law en haar gesin woon reeds agtien jaar op 'n plaas net buite Naboomspruit, waar sy 'n pluimvee-eenheid bestuur.
Sy is bekend vir haar puik spyseniering by verskeie groot geleenthede. Sy sê hierdie resep vir kits pizzatertjies is een van haar gunstelinge, omdat dit vinnig, maklik en smaaklik is!

Bestanddele:
250 ml meelblom (120 g)
25 ml margarien (20 g)
10 ml bakpoeier
2 ml sout
1 eier
125 ml melk

Metode:

  • Vryf botter in gesifte droë bestanddele.
  • Klits eier en melk en meng met droë bestanddele. Let wel - die deeg moet pap wees.
  • Spuit plat/vlak kolwyntjiepannetjies met kleefwerende kossproei. Smeer daarna die deeg in die kolwyntjiepan.

    Vulsel:
    1 blikkie (73 g) ansjovis of enige oorskiet spek of tuna, 4 klein, rooi geskilde tamaties, 50 ml gekapte agurkies, 200 g (500 ml) gerasperde kaas

    Metode:

  • Kap ansjovis fyn en strooi 'n bietjie op die bodem van elke tertkorsie. Strooi daarna 'n paar stukkies agurkies.
  • Bedek met tamatieskyfies, geur met 'n tikkie suiker en rissiepoeier. Strooi gerasperde kaas bo-oor en bak 15-20 min by 200°C