
HOME / VOORBLAD
NEWS/NUUS
DIARY/DAGBOEK
HAPPENINGS JOLIFIKASIES
WEATHER/WEER
SMALLS / KITSGIDS
FARMING/BOERDERY
LETTERS/BRIEWE
TITBITS/ONS HOOR
STOP CRIME/MISDAAD
SPORT
WOMEN/VROUE
RECIPES/RESEPTE
INDEX/INDEKS
CONTACT US KONTAK ONS
EMERGENCY NUMBERS NOODNOMMERS
CHILDREN'S FUND KINDERFONDS
|
Non-Java Browsers: Back to recipe index
Rihette se heerlike rollade
met tuna- of spinasievulsel
Rihette Smit van Naboomspruit is 'n uithalerkok en raakvatter in die gemeenskap.
Sy skilder, doen pottebakkerswerk, maak porseleinpoppe.
Hierdie rollade met tunavulsel is 'n smullekker staatmaker. Die tuna kan ook met spinasie vervang word.
Bestanddele:
65 ml botter of margarien (60 g)
125 ml koekmeelblom
Sout en swartpeper na smaak
500 ml melk
5 eiers, geskei
Vulsel:
2 eiers, hardgekook en fyn gekap
2 grasuitjies, gekap
half teelepel pietersielie
250 g gevlokte tuna
100 ml mayonnaise
20 ml kondensmelk
10 ml toebroodjiesmeer
Metode:
Voorverhit oond tot 180°C (350°F)
Voer 'n 22x33 cm rolkoekpan met gesmeerde waspapier of bakpapier
Smelt die botter of margarien in 'n kastrol en roer die koekmeelblom, sout en peper by.
Roer die melk geleidelik by en kook totdat sous verdik. Laat die witsous effens afkoel.
Klits die eiergele deeglik en voeg die afgekoelde mengsel stadig by, terwyl dit aanhoudend geroer word.
Klits die eierwitte tot sagtepunt-stadium en vou dit in by die eiergeelmengsel.
Giet mengsel in pan. Kantel pan sodat mengsel eweredig versprei.
Keer uit op 'n klam doek en verwyder bakpapier.
Meng vulselbestanddele goed saam.
Skep die vulsel op rollade en versprei egalig. Rol op soos 'n rolkoek.
Bedien warm of koud.
|
|
|
|
|