Die Pos front page
HOME / VOORBLAD

NEWS/NUUS

DIARY/DAGBOEK

HAPPENINGS
JOLIFIKASIES

WEATHER/WEER

SMALLS / KITSGIDS

FARMING/BOERDERY

LETTERS/BRIEWE

TITBITS/ONS HOOR

STOP
CRIME/MISDAAD

SPORT

WOMEN/VROUE

RECIPES/RESEPTE
INDEX/INDEKS

CONTACT US
KONTAK ONS

EMERGENCY NUMBERS
NOODNOMMERS

CHILDREN'S FUND
KINDERFONDS


Non-Java Browsers: Back to recipe index

Corrie se hoenderpastei

Me. Corrie Heystek van Bela-Bela (Warmbad) is sinoniem met lekker eet. Sy is veral 'n bekende gesig by die veeveilings in die omgewing, en het lank die kombuis op Vleissentraal se weeklikse veilings en etes tydens spesiale veilings behartig.
Sy is ook 'n jarelange staatmaker by die Warmbad VLU. Sy het 'n resep vir 'n lekker groot hoenderpastei.

Bestanddele:
1 Groot hoender of 2 kg hoenderborsies
2 pakkies hoendernoedelsop
1 koppie mayonnaise
1 groot pak kaas- en uieskyfies, fyngedruk
750 ml water
Gerasperde kaas

Metode

  • Maak hoender skoon en geur met middels soos naeltjies, sout en peper en hoendergeurmiddels.
  • Braai hoender mooi bruin en kook baie sag. Ontbeen hoender en sny in stukkies.
  • Meng soppoeier, water en mayonnaise, klits goed om klonte te vermy.
  • Meng hoender en skyfies en voeg sopmengsel by. Plaas in oondpan, strooi kaas oor.
  • Bak vir 1 uur by 180°C of tot gestol, maar nie droog nie. Pastei moet nie loperig wees nie.
  • Geniet as 'n hoofmaaltyd of saam met 'n slaai. Vries ook baie goed as dit gaar is.
  • Die hoenderpastei se bestanddele is genoeg vir 'n oondpan en die familie sal hulle vingers afeet.