Die Pos front page
HOME / VOORBLAD

NEWS/NUUS

DIARY/DAGBOEK

HAPPENINGS
JOLIFIKASIES

WEATHER/WEER

SMALLS / KITSGIDS

FARMING/BOERDERY

LETTERS/BRIEWE

TITBITS/ONS HOOR

STOP
CRIME/MISDAAD

SPORT

WOMEN/VROUE

RECIPES/RESEPTE
INDEX/INDEKS

CONTACT US
KONTAK ONS

EMERGENCY NUMBERS
NOODNOMMERS

CHILDREN'S FUND
KINDERFONDS


Non-Java Browsers: Back to recipe index

Watertand pampoen

Ansja Janse van Rensburg van Modimolle (Nylstroom) is ma Elsche se regterhand in die kombuis. Hierdie pampoenkoekies in 'n heerlike karamelsous is haar gunsteling en mense wat dié gereg proe, het altyd 'n kompliment. Die Van Rensburgs kook nie net vir hul eie tafel nie, maar is ook bekend vir spyseniering oral op die dorp.

Bestanddele:
  • 1 koppie gaar pampoen
  • 1 eier
  • 1/4 koppie (60ml) melk
  • 1 koppie koekmeel
  • 10 ml (2t) bakpoeier
  • knippie sout
  • Sonneblomolie vir vlakbraai.

    Metode:
    Braai teelepels vol van die deeg tot albei kante gaar is.

    Sous:
    1 koppie suiker
    1 eetlepel margarien
    1/3 koppie water
    1/4 koppie kookwater
    1 koppie melk
    2 eetlepels vlapoeier.

    Metode:

  • Verhit suiker en botter in die koue water tot dit verbruin.
  • Gooi kookwater by en roer. Verhit 3/4 koppie melk, voeg by suikermengsel, maak vla en 1/4melk aan en roer stadig by bogenoemde.
  • Kook 3 minute en skep dan oor koekies.