
HOME / VOORBLAD
NEWS/NUUS
DIARY/DAGBOEK
HAPPENINGS JOLIFIKASIES
WEATHER/WEER
SMALLS / KITSGIDS
FARMING/BOERDERY
LETTERS/BRIEWE
TITBITS/ONS HOOR
STOP CRIME/MISDAAD
SPORT
WOMEN/VROUE
RECIPES/RESEPTE
INDEX/INDEKS
CONTACT US KONTAK ONS
EMERGENCY NUMBERS NOODNOMMERS
CHILDREN'S FUND KINDERFONDS
|
Non-Java Browsers: Back to recipe index
Pampoen- of patatkoekies
Bring patats tafel toe, dis nou volop,” vra Die Pos sy kosvrou.
“Watse soort patats?” wil me. Kotie Wagner, voorslag agter die kospotte en die borduurnaald, dadelik prakties weet.
Soetpatats, enige patats. Kortom, wat op aarde maak ’n mens alles met patats?
Enigiets, sê Wagner. Van “slaptjips” tot “kaboepatats”.
Bestanddele:
2 k gaar pampoen of patat fyngedruk
2 k koekmeelblom
4 t bakpoeier
2 eiers
knippie sout
1 t kaneel (vir pampoen)
Metode:
1. Meng alles en bak teelepelsvol in vlak olie tot gaar. Dreineer op handdoekpapier. Gooi sous oor.
2. ’n Mens gebruik gewoonlik oorskiet soetpampoen vir koekies. Dus sal ’n mens suiker moet bygooi as jy soet patatkoekies wil maak vir die soettande, anders behoort die soet sousie die ding te doen.
Sous:
1½ k suiker
1 k water
1 k melk
1 e botter
3 dessertlepels mielieblom
Metode:
1. Kook melk, suiker en helfte van die water, los mielieblom op in ander water en roer dit saam met die botter in die melkmengsel.
2. Roer aanhoudend sodat dit nie brand nie en gooi oor die poffers of koekies.
|
|
|
|
|