
HOME / VOORBLAD
NEWS/NUUS
DIARY/DAGBOEK
HAPPENINGS JOLIFIKASIES
WEATHER/WEER
SMALLS / KITSGIDS
FARMING/BOERDERY
LETTERS/BRIEWE
TITBITS/ONS HOOR
STOP CRIME/MISDAAD
SPORT
WOMEN/VROUE
RECIPES/RESEPTE
INDEX/INDEKS
CONTACT US KONTAK ONS
EMERGENCY NUMBERS NOODNOMMERS
CHILDREN'S FUND KINDERFONDS
|
Non-Java Browsers: Back to recipe index
Geurige wildsboud
Vergeet van tierlantyntjies met ’n skaapboud.
Dis sout en peper en geduld. Dít is hoe maklik dit is, sê ’n paar van die Bosveld se raakvat-kokke by wie Die Pos onder die deksel van die vleispot gaan inloer het.
Daar is g’n kookgeheime en familieresepte om onder die knie te kry nie. Volg die eenvoudige weg en siedaar, jy het ’n sagte, sappige skaapboud op die tafel.
Bestanddele: (vir agt mense)
Vir ’n wildsboud van ± 1,5 kg, gebruik ± 500 gr varkspek.
Stop die stuk vleis met van die spek en sny die res in stukkies.
Strooi sout en varsgemaalde swartpeper na smaak oor die stuk vleis.
Plaas in ’n swaarboompot (verkieslik ’n swart ysterpot).
Sit los stukkies spek ook in pot.
Sprinkel ± 50 – 100 ml Worcestershire-sous bo-oor.
Voeg by: 3–5 lourierblare, 6–8 heel naeltjies en (opsioneel) knoffelhuisies en rooiwyn.
Metode:
Gooi ongeveer 500 ml water in die kastrol.
Sodra dit kook, draai die hitte af sodat die vleis stadig prut.
Prut vir ongeveer 3 ure totdat die vleis sag is.
Indien dit begin braai voordat die vleis gaar is, voeg min water by.
Gewoonlik is die vleis gaar wanneer die water op is en dit begin braai.
Braai lekker bruin aan al die kante.
Verwyder die gaar vleis en voeg water in die pot en maak ’n lekker sous.
’n Mens kan ook aartappels, heel uie en wortels (of groente van jou keuse) by die vleis voeg vir die laaste halfuur voor ete. Dit gee nog geur aan die vleis en is heerlik so in die sous.
|
|
|
|
|