
HOME / VOORBLAD
NEWS/NUUS
DIARY/DAGBOEK
HAPPENINGS JOLIFIKASIES
WEATHER/WEER
SMALLS / KITSGIDS
FARMING/BOERDERY
LETTERS/BRIEWE
TITBITS/ONS HOOR
STOP CRIME/MISDAAD
SPORT
WOMEN/VROUE
RECIPES/RESEPTE
INDEX/INDEKS
CONTACT US KONTAK ONS
EMERGENCY NUMBERS NOODNOMMERS
CHILDREN'S FUND KINDERFONDS
|
Non-Java Browsers: Back to recipe index
Bobaas bredie
Dié resep het net “gebeur” tydens ’n vakansie op Swakopmund in Namibië. Sedertdien is dit ’n Wagner-gunsteling.
So maak ’n mens vir ’n suksesresep met die brediepot ala Kotie:
Bredie vir 4-6 mense:
1 kg vleis (lamsdikrib, bees — kookvleis of enige vleis wat gekook of gestowe moet word)
3 middelslag uie
2 huisies knoffel (opsioneel)
6-8 tamaties
Sout en peper na smaak
½ t fyn naeltjies of 4 heel naeltjies
1 lourierblaar
bietjie olie
Metode:
Verhit die olie in die pot en braai die vleis aan alle kante tot bruin en verseël is.
Haal die vleis uit en hou eenkant. Kap die uie en knoffel en braai tot die uie deurskynend is. Plaas vleis op die uie in die pot.
Strooi sout en peper asook ander naeltjies bo-oor.
Sny tamaties in blokkies en plaas in pot.
Gooi bietjie kookwater by sodat vleis bedek is.
Draai die hitte tot laag en prut vir ± 40 minute tot vleis sag is. Voeg nou klein aartappeltjies met skil by of sny groot aartappels in blokkies.
’n Mens kan ook wortels, murgpampoentjies, boontjies, kool en of groente van jou keuse bo-op die vleis sit. Stoom tot die aartappels sag is.
Volgens Kotie kan ’n mens die sous verdik met ’n mengsel van mielieblom en bruin souspoeier of ’n pakkie uiesop. Wees egter versigtig as jy uiesop gebruik dat dit nie te sout raak raak nie.
“Ek hou daarvan om bredie met so ’n lang sous te maak en koop graag daarvoor die steak wat ’n mens koop wat deur die masjien in die slaghuis gesit word en verkoop word as tenderized steak. Met ander woorde, die taai stukke. Dan sny ek dit in repe en draai ’n gepiekelde komkommertjie (“gherkin”) toe met die reep vleis.”
Steek dit vas met ’n tandestokkie. Gebruik die resep soos bo behalwe “dat ek dan van die piekelasyn van die komkommertjies saam met water by die vleis gooi.
Daarmee saam bedien ek graag koring. Die koring wat ’n mens deesdae koop, kook net so vinnig soos rys gaar. Kook dit net sonder sout en voeg die sout by net voordat die koring gaar is.
Die koring wat oorbly, gebruik ek om vir aandete die heerlikste vetkoekies te bak,” het Kotie gesê.
Koringvetkoek:
2 k gaar koring
2 eiers
1 e gesmelte botter
1 t sout
1 k koekmeelblom
2 t bakpoeier
½ k melk
Metode:
Roer die geklitste eier en gesmelte botter in die koring in.
Sif die meel, bakpoeier en sout bo-oor en roer goed deur.
Voeg melk by en meng deur.
Skep lepelsvol in vlak olie en braai bruin aan albei kante.
Bedien met stroop.
|
|
|
|
|