Die Pos front page
HOME / VOORBLAD

NEWS/NUUS

DIARY/DAGBOEK

HAPPENINGS
JOLIFIKASIES

WEATHER/WEER

SMALLS / KITSGIDS

FARMING/BOERDERY

LETTERS/BRIEWE

TITBITS/ONS HOOR

STOP
CRIME/MISDAAD

SPORT

WOMEN/VROUE

RECIPES/RESEPTE
INDEX/INDEKS

CONTACT US
KONTAK ONS

EMERGENCY NUMBERS
NOODNOMMERS

CHILDREN'S FUND
KINDERFONDS


Non-Java Browsers: Back to recipe index

Ronelle se duiwelsrib

Ronelle Felstead van De Farmstead tuisnywerhede by die Warmbad Waterfront en nou ook in die Pick 'n Pay-sentrum op die dorp, is legendaries vir haar smullekker vleise - wie het nog nie De Farmstead se "ore" en kaiings geproe nie?.
Ronelle het ’n resep wat sy “Duiwelsribbetjies” noem — seker omdat hulle so lekker gebraai word!

Bestanddele:
Varkribbetjies
1 eetlepel marmite
5 eetlepels suiker
1 eetlepel mielieblom
2 eetlepels asyn
3 eetlepels fyn gekapte gemmerkonfyt
of 2 teelepels gemaalde gemmer
1 huisie gekapte knoffel

Metode:

  • Kook ribbetjies stadig in 'n bietjie water totdat die bene uitgetrek kan word.
  • Laat die vleis afkoel sodat jy dit kan hanteer en sny dan in vierkante.
  • Meng res van die bestanddele en doop vleisvierkante daarin.
  • Rangskik in oondpan en braai bokante bruin onder rooster.
  • Sodra die bokante mooi bruin is, draai om en bestryk met nog sous en braai weer bruin.
  • Dit kan warm of koud bedien word.
  • Die oorblywende sous word ook bedien, sodat die stukkies vleis aan 'n stokkie opgelig kan word en weer in die sous gedruk kan word indien verlang.