
HOME / VOORBLAD
NEWS/NUUS
DIARY/DAGBOEK
HAPPENINGS JOLIFIKASIES
WEATHER/WEER
SMALLS / KITSGIDS
FARMING/BOERDERY
LETTERS/BRIEWE
TITBITS/ONS HOOR
STOP CRIME/MISDAAD
SPORT
WOMEN/VROUE
RECIPES/RESEPTE
INDEX/INDEKS
CONTACT US KONTAK ONS
EMERGENCY NUMBERS NOODNOMMERS
CHILDREN'S FUND KINDERFONDS
|
Non-Java Browsers: Back to recipe index
Varkribbetjie oor kole
Ntabiseng Komane van Meetsetshehla High School op Vaalwater is een van die skool se puik leerlinge in hotelhouding en spyseniering.
Indien sy haar oog op die gasvryheidsbedryf as beroep het, sal sy beslis met haar fyn opvoeding en suiwer taalgebruik, 'n aanwins vir enige onderneming wees.
Ntabiseng deel graag haar geurige varkkortribbetjie oor die kole, so reg uit die hotel, met Die Pos se lesers. Die resep is genoeg vir tien porsies.
Bestanddele:
2 kg varkkortribbetjies ("spare ribs") in porsies gesaag
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Marinade:
2 uie, gekap
3 knoffelhuisies, fyngedruk
500 ml rooibostee
250 ml kookolie
250 ml tamatiesous, ontpit
250 ml blatjang
75 ml Worcestersous
125 ml wynasyn of asyn
10 ml aangemaakte mosterd
Metode:
Meng die marinadebestanddele in 'n kastrol.
Verhit tot kookpunt en prut 'n paar minute lank. Laat afkoel.
Giet die koue marinade oor die ribbetjies en marineer oornag in die yskas.
Verwyder die ribbetjie uit die marinade en druk droog met kombuispapier.
Rooster die ribbetjie 20-25 minute lank oor matige kole.
Geur met sout en peper.
|
|
|
|
|