Die Pos front page
HOME / VOORBLAD

NEWS/NUUS

DIARY/DAGBOEK

HAPPENINGS
JOLIFIKASIES

WEATHER/WEER

SMALLS / KITSGIDS

FARMING/BOERDERY

LETTERS/BRIEWE

TITBITS/ONS HOOR

STOP
CRIME/MISDAAD

SPORT

WOMEN/VROUE

RECIPES/RESEPTE
INDEX/INDEKS

CONTACT US
KONTAK ONS

EMERGENCY NUMBERS
NOODNOMMERS

CHILDREN'S FUND
KINDERFONDS


Non-Java Browsers: Back to recipe index

Italiaanse skaapskenkels

Kortpadkos met Italiaanse skop. Dít is wat me. Lien Nell van Bela-Bela, huisvrou, vryskut-joernalis en –webontwerper, graag vir haar gaste voorsit. Dis nog boonop mooi op die oog en die kraakvars basilieblare en pietersielie sal eters nooi om aan te sit. Haar huismense kry egter net so gereeld haar pastapassie in sy klassieke, Italiaanse baadjie op hul bord. Met ’n “kurkdroë” slaai sonder fieterjasies daarby.

Bestanddele: (vir agt mense)
4-6 selderystingels, gesny
  • ’n paar wortels, in blokkies of wieletjies
  • 2 kg opgesnyde skaapskenkels
  • ’n koppie beesvleisaftreksel
  • 1 pakkie All Gold Pasta Pronta-sous (songedroogde tamatie en olyf)
  • Sout & swartpeper

    Metode:
    1. Braai die seldery en wortels liggies in olie in ’n ysterpot om die geur te ontwikkel.
    2. Skep uit en braai die skenkels ’n paar op ’n slag tot effens bruin aan albei kante. ’n Mens kan ook die skenkels op die gasbraaier braai tot net bruin.
    3. Plaas al die vleis terug in die pot, skep groente bo-op.
    4. Gooi eers beesvleisaftreksel oor, dan die pakkie sous. Moenie roer nie.
    5. Sprinkel goed met sout en peper (onthou sous en aftreksel het reeds sout).
    6. Prut 1–2 uur bo op die stoof of in die oond.
    7. Hou dop, as die sous min raak, kan jy nog aftreksel, ’n glas rooiwyn of selfs nog ’n pakkie sous byvoeg.
    8. Bedien net so in die ysterpot, met rys of koeskoes en hoogstens ’n vars slaai vir groente.

  • Die resep is ’n variasie op die Italiaanse Osso Bucco wat gewoonlik met kalfsvleis gemaak word.

    Bruschetta met tamatie

    Metode:
    1. Sny ’n Italiaanse brood in snye, en verdeel dat dit amper happiegrootte is. Jy kan ook ’n gekoopte knoffelbrood gebruik.
    2. Smeer met knoffelbotter en rooster onder die oond se element tot dit goudbruin is aan albei kante.
    3. Sny ferm, ryp tamaties in blokkies en meng liggies met gekapte basiliekruidblare.
    4. Skep bo-op broodjies en bedien.