Die Pos front page
HOME / VOORBLAD

NEWS/NUUS

DIARY/DAGBOEK

HAPPENINGS
JOLIFIKASIES

WEATHER/WEER

SMALLS / KITSGIDS

FARMING/BOERDERY

LETTERS/BRIEWE

TITBITS/ONS HOOR

STOP
CRIME/MISDAAD

SPORT

WOMEN/VROUE

RECIPES/RESEPTE
INDEX/INDEKS

CONTACT US
KONTAK ONS

EMERGENCY NUMBERS
NOODNOMMERS

CHILDREN'S FUND
KINDERFONDS


Non-Java Browsers: Back to recipe index

Tienie se kasserol

"Wintertyd is bredietyd, hoewel hierdie kasserolgereg altyd 'n wenner bly, ongeag die weer."
Só sê Tienie van Zyl van Nylstroom. Sy maak hierdie gereg graag op 'n Vrydagaand as die getroude kinders kom kuier, want as dit moet, kan dit 'n rukkie staan.
(Bedien 6 persone)

 

Ingredients
750 g diklies of binneboudvleis, in blokkies gesny
75ml koekmeel
40 ml olie
2 huisies knoffel, gekneus (opsioneel, of 2 t knoffelsout)
300 g heel kleinuitjies
5 preie, opgesny
15 ml droë origanum
knypie roosmaryn
sout na smaak
250 g swoerdlose ontbytspek, opgesny
75 ml tamatiepuree
15 ml bruinsuiker
300 ml droë rooi wyn
1 blik roomsampioene
125 ml suurroom

Metode

  • Gooi meel en sout in plastieksak en gooi blokkies vleis daarin. Skud en haal blokkies uit.
  • Verhit olie in dikboom kastrol en verbruin vleisblokkies daarin.
  • Voeg knoffel, uie, preie en kruie by en soteer 'n paar minute.
  • Voeg puree, suiker en wyn by en prut saggies sonder 'n deksel tot sous met die helfte verminder het.
  • Gooi mengsel in 'n kasserol en voeg roomsampioene by.
  • Sit deksel op en bak in voorverhitte oond (160°C) vir ongeveer 40-50 minute totdat vleis sag is.
  • Wanneer gereed vir opdien, roer suurroom in, garneer en bedien met rys, soet ertjies en 'n slaai.