Non-Java Browsers: Back to recipe index
Gurna se hoender
Gurna Koegelenberg, haarkapper van Bela-Bela (Warmbad), sê sy is baie meer tuis met haar hande in iemand se hare as met haar hande in die kospotte.
Sy het nogtans ’n resep vir ’n Griekse hoender, wat haar gesin hulle vingers laat aflek — en boonop is dit so maklik soos vloek!
Bestanddele:
Hoender
6 tamaties (afgeskil)
6 eetlepels pietersielie
6 eetlepels knoffelvlokkies
3 eetlepels swartpeper
knippie sout na smaak
Metode:
1. Sit alles saam in ’n kastrol en kook totdat die hoender lekker gaar is.