Die Pos front page
HOME / VOORBLAD

NEWS/NUUS

DIARY/DAGBOEK

HAPPENINGS
JOLIFIKASIES

WEATHER/WEER

SMALLS / KITSGIDS

FARMING/BOERDERY

LETTERS/BRIEWE

TITBITS/ONS HOOR

STOP
CRIME/MISDAAD

SPORT

WOMEN/VROUE

RECIPES/RESEPTE
INDEX/INDEKS

CONTACT US
KONTAK ONS

EMERGENCY NUMBERS
NOODNOMMERS

CHILDREN'S FUND
KINDERFONDS


Non-Java Browsers: Back to recipe index

Dirk se gunsteling

Vivienne van der Merwe is op Nylstroom bekend vir haar
heerlike soetgoed. Vandag deel sy haar Dirk se gunsteling
nagereg-resep met lesers.

Beslag:
5 ml koeksoda
125 ml melk
200 g (375 ml) bruismeel
100 g (125 ml) witsuiker
2 eiers
30 ml fyn appelkooskonfyt
20 g (25 ml) baie sagte botter of margarien
1 ml sout

Sous:

  • 250 ml water
  • 250 ml room
  • 230 g (250 ml) botter of margarien
  • 200 g (250 ml) witsuiker
  • 5 ml vanieljegeursel

    Metode:
    *Voorverhit die oond tot 180° (350°F).
    *Bespuit 'n oondvaste poedingbak met 'n volume van 2 l met kleefwerende kossproei.
    *Los die koeksoda in die melk op. Meng die res van die beslag se bestanddele.
    *Roer die sodamelk by en meng dit baie goed.
    *Skep die beslag, in die bak. Moenie 'n kleiner bak gebruik nie, al lyk die beslag 'n bietjie min vir die bak. Bak die poeding 25 tot 30 minute lank.
    *Verhit al die bestanddele vir die sous saam tot kookpunt. Giet die warm sous bietjiegewys oor die warm poeding sodra dit uit die oond kom.
    *Laat die poeding 'n rukkie staan sodat die sous kan intrek. Sit dit louwarm voor. Lewer 6 tot 8 porsies.