
HOME / VOORBLAD
NEWS/NUUS
DIARY/DAGBOEK
HAPPENINGS JOLIFIKASIES
WEATHER/WEER
SMALLS / KITSGIDS
FARMING/BOERDERY
LETTERS/BRIEWE
TITBITS/ONS HOOR
STOP CRIME/MISDAAD
SPORT
WOMEN/VROUE
RECIPES/RESEPTE
INDEX/INDEKS
CONTACT US KONTAK ONS
EMERGENCY NUMBERS NOODNOMMERS
CHILDREN'S FUND KINDERFONDS
|
Non-Java Browsers: Back to recipe index
Heila se heerlike sagopoeding
Op Vaalwater is Heila Harms deel van 'n saamgestelde gesin van drie geslagte in een huis.
Daar kom haar liefde en besondere vaardigheid in die kombuis natuurlik baie handig te pas. Almal eet baie lekker en smul graag aan die lekkernye. Sy sit graag hand by in die kombuis om die huishouding vir haar dogter Charmaine te vergemaklik.
Heila is veral onder die kinders en kleinkinders bekend vir haar heerlike sagopoeding. Sy vertel dat hierdie 'n resep is wat sy by haar ma gekry het, wat dit weer by háár ma en dié se ma gekry het. 'n Mens sal ook sien , sê Heila, dat dit nie sommer die gewone resep is waar jy net alles bymekaar gooi nie. Dit word met sorg gemaak en met smaak geëet.
Bestanddele:
4 e sago
600 ml melk
I suurlemoen se skil, dun afgeskil
4 eiers
¼ k suiker
appelkooskonfyt
knippie sout
¼ k suiker (ekstra)
Metode:
Meng die sago, melk, sout en suurlemoenskil. Kook sowat 15 minute oor stadige hitte. Roer af en toe.
Verwyder die suurlemoenskil. Skei die eiers. Klits die eiergeel en 'n kwart koppie suiker tot dit lig is.
Vou dit in die sagomengsel.
Klits twee eierwitte styf en vou dit in die mengsel. Gooi mengsel in 'n gesmeerde bak en plaas in die oond in 'n pan met warm water wat halfpad teen die bak opkom.
Bak 20 minute in 'n matige oond van 180°C. Haal uit wanneer gaar en smeer appelkooskonfyt bo-oor.
Klits die orige eierwitte styf en klits ¼ k suiker geleidelik by. Skep eierwit oor die gesmeerde appelkooskonfyt en bak verder tot eierwit goudbruin is.
Bedien met vanilla roomys, room of vla.
|
|
|
|
|