Die Pos front page
HOME / VOORBLAD

NEWS/NUUS

DIARY/DAGBOEK

HAPPENINGS
JOLIFIKASIES

WEATHER/WEER

SMALLS / KITSGIDS

FARMING/BOERDERY

LETTERS/BRIEWE

TITBITS/ONS HOOR

STOP
CRIME/MISDAAD

SPORT

WOMEN/VROUE

RECIPES/RESEPTE
INDEX/INDEKS

CONTACT US
KONTAK ONS

EMERGENCY NUMBERS
NOODNOMMERS

CHILDREN'S FUND
KINDERFONDS


Non-Java Browsers: Back to recipe index

Chrisna se heerlike melktert

Chrisna sê sy het dié resep eenkeer “per ongeluk raakgebak” toe sy in die kombuis geëksperimenteer het en nou “val die tannies oor hulle voete om die resep te kry”.
Wel, hier is hy:

Metode:
1. Smeer ’n glasbak (20x30 cm) met botter. Verf ’n laag “phyllo pastry” met gesmelte botter in en sit dit in die bak. Herhaal met ongeveer agt lae.

Kook die vulsel as volg:

  • 1½ l melk, 250 g botter, 1 k suiker word saam gekook. Voeg 180 ml semolina en roer deeglik tot dit dik begin raak. Skakel die stoof af. Roer dan 6 eiergele by die mengsel.
  • Gooi dit oor die phyllodeeg.
  • Bo-oor word weer 6-8 lae gesmeerde phyllodeeg geplaas.
  • Bak in oond by 180°C vir ongeveer 30 minute tot ligbruin.
  • Kook ’n stroop van 1½ k water, ¾ k suiker, 1 kaneelstokkie en 5 ml suurlemoensap.
  • Sodra tert uit die oond kom, gooi stroop bo-oor.
  • Bedien warm.