Die Pos front page
HOME / VOORBLAD

NEWS/NUUS

DIARY/DAGBOEK

HAPPENINGS
JOLIFIKASIES

WEATHER/WEER

SMALLS / KITSGIDS

FARMING/BOERDERY

LETTERS/BRIEWE

TITBITS/ONS HOOR

STOP
CRIME/MISDAAD

SPORT

WOMEN/VROUE

RECIPES/RESEPTE
INDEX/INDEKS

CONTACT US
KONTAK ONS

EMERGENCY NUMBERS
NOODNOMMERS

CHILDREN'S FUND
KINDERFONDS


Non-Java Browsers: Back to recipe index

Muffin-mania saam met bobaasbakster

Hoe klink muffins met fetakaas en pikant-rissie (“peppadews”), kaas en spek, sampioene en gebraaide uie? Vir die soettand is daar cuppachino-muffins (terloops, dié een is haar gunsteling) en vir die spiertier gesondheidsmuffins, ’n hele vier dosyn van hulle.

Soutmuffins (maak ’n dosyn)

Bestanddele:

  • 500 ml koekmeel
  • 15 ml bakpoeier
  • 1 ml knoffel (opsioneel)
  • 50 ml kookolie
  • 2 ml sout
  • 1-2 ml rooipeper
  • 1-2 ml paprika
  • 10 ml vars basiliekruid
  • 250 melk
  • 2 eiers

    Metode:

  • Meng al die droë bestanddele. Klits eier, melk en olie liggies saam. Roer in droë bestanddele.
  • Moenie te veel meng nie, deeg kan nog klonterig lyk.
  • Voeg by 125 ml fyngekapte soetrissie en 125 ml gerasperde cheddarkaas.
  • Skep kolwyntjiepanne driekwart vol, strooi kaas oor en rooi strooimengsel. Bak 20 minute by 180°.

    Variasie:

  • 125 ml gekrummelde fetakaas en 125 ml gekapte pikant-rissie (“peppadews”)
  • 125 ml sterk cheddarkaas en 125 ml gekapte gaar spek
  • Weense worsies
  • fyngedrukte eier
  • spinasie en feta
  • sampioene en liggies gebraaide ui.
    Die haastige kok kan ook soutmuffinmengsel koop en enige van die variasies daarby voeg.

    Soetmuffins cuppacino
    (maak ’n dosyn)

    Bestanddele

  • 100 ml margarien
  • 200 ml suiker
  • 30 ml koffiekorrels (Nescafé)
  • 2 eiers
  • 250 ml suurroom
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 500 ml koekmeelblom
  • 1ml sout
  • 1 ml koeksoda
  • 5 ml bakpoeier
  • 50 ml sjokoladeklontjies
  • versiersuiker om bo-oor te sif

    Metode

  • Klits margarien, suiker en koffiekorrels saam tot romerig. Voeg eiers een vir een by en klits goed.
  • Klits suurroom en vanielje by. Voeg die meel, sout, koeksoda, bakpoeier en sjokoladeklontjies by. Roer liggies tot gemeng.
  • Skep holtes van pan driekwart vol. Bak twintig minute by 180° tot goudbruin, laat effens afkoel in pan en stuif met versiersuiker.