Die Pos front page
HOME / VOORBLAD

NEWS/NUUS

DIARY/DAGBOEK

HAPPENINGS
JOLIFIKASIES

WEATHER/WEER

SMALLS / KITSGIDS

FARMING/BOERDERY

LETTERS/BRIEWE

TITBITS/ONS HOOR

STOP
CRIME/MISDAAD

SPORT

WOMEN/VROUE

RECIPES/RESEPTE
INDEX/INDEKS

CONTACT US
KONTAK ONS

EMERGENCY NUMBERS
NOODNOMMERS

CHILDREN'S FUND
KINDERFONDS


Non-Java Browsers: Back to recipe index

Tannie Kiep se Skotse sop

Die afgelope week of wat het al wat ’n Bosvelder is naarstigtelik gesoek na daardie lekker wintersokkies, donskomberse en — sopresepte.

Tannie Kiep Bekker, 'n bekende gesig by De Farmstead tuismark by die Warmbad Waterfront, se Skotse sop (hotch potch) is genoeg om enige boertjie sy vingers te laat afeet.
Die groot geheim van dié resep is om nie die gort saam met die sop te kook nie, anders sal dit te veel sop absorbeer. Dit moet apart gaargemaak word en dan net bygevoeg word.

Bestanddele:
Ongeveer 1 kg skaapskenkels
10 koppies koue water
½ teelepel sout
¼ teelepel peper
1 raap (gerasper)
1 ui
1 wortel (gerasper)
4 eetlepels meelblom
1 koppie gort

Metode:

  • Sny vleis in blokkies, voeg water by en kook saggies vir twee uur lank. Ná 'n uur, voeg die sout, peper, raap en ui by.
  • Ná 2 uur, syg deur en laat afkoel.
  • Verwyder vet bo-laag, verhit weer en maak dik met meelblom, gemeng met ½ koppie water.
  • Kook intussen die wortel en gort apart tot sag.
  • Verhit alles goed saam en geniet dit met broodrolletjies.