Die Pos front page
HOME / VOORBLAD

NEWS/NUUS

DIARY/DAGBOEK

HAPPENINGS
JOLIFIKASIES

WEATHER/WEER

SMALLS / KITSGIDS

FARMING/BOERDERY

LETTERS/BRIEWE

TITBITS/ONS HOOR

STOP
CRIME/MISDAAD

SPORT

WOMEN/VROUE

RECIPES/RESEPTE
INDEX/INDEKS

CONTACT US
KONTAK ONS

EMERGENCY NUMBERS
NOODNOMMERS

CHILDREN'S FUND
KINDERFONDS


Non-Java Browsers: Back to recipe index

Hannetjie se appeltert

'n Mens dink wanneer jy so 'n bietjie oorgewig is, is dit taboe met soetgoed. Hannetjie Ebersohn van Nylstroom deel vandag haar verslankers appelkoek of nagereg met ons. Dit is heerlik en sy waarborg dis geskik vir enigeen, selfs vir diegene met 'n bietjie vetjies om die middellyf.

Bestanddele:
Bestanddele:
250 g koekmeel
10 ml bakpoeier
2 ml sout
60 ml margarien
1 eier, geklits
125 ml afgeroomde melk
10 ml Natreen vloeibare dieet versoeter
80 ml water
5 ml vanilla geursel
300 g tertappels

Metode:

  • Sif meel, bakpoeier en sout saam.
  • Vryf margarien in.
  • In 'n aparte mengbak, meng die melk, water, eier, versoeter en vanilla geursel. Voeg by droë bestanddele en meng goed.
  • Spuit 'n tertbord met "Spray & cook"", en skep mengsel in bord.
  • Rangskik appelskywe bo-op deeg.
  • Bak 25 minute teen 200°C.
  • Bedien warm met dieet roomys of ligte vla.
  • In die plek van appels, gebruik ook ander vrugte.