Die Pos front page
HOME / VOORBLAD

NEWS/NUUS

DIARY/DAGBOEK

HAPPENINGS
JOLIFIKASIES

WEATHER/WEER

SMALLS / KITSGIDS

FARMING/BOERDERY

LETTERS/BRIEWE

TITBITS/ONS HOOR

STOP
CRIME/MISDAAD

SPORT

WOMEN/VROUE

RECIPES/RESEPTE
INDEX/INDEKS

CONTACT US
KONTAK ONS

EMERGENCY NUMBERS
NOODNOMMERS

CHILDREN'S FUND
KINDERFONDS


Non-Java Browsers: Back to recipe index

Annerie se kaastert

Annerie Grobler, wat al vyftien jaar op Warmbad woon, het 'n heerlike maaskaastert-resep wat sy graag met Die Pos se lesers deel.
Annerie se stokperdjie is fotografie, maar andersins is sy 'n bekende fisioterapeut op die dorp, waar sy werk maak van seer spiere.

Bestanddele:
1 pakkie vingerkoekies
1 blikkie kondensmelk
1 houer (250 g) maaskaas
250 ml room
410 g blik perskeskywe (opsioneel)
1 pakkie vanielje kitspoeding

Metode:

  • 1. Rangskik vingerkoekies 'n entjie uitmekaar in 'n vierkantige tertbak. Gooi bietjie melk oor en laat staan.
  • 2. Klits room styf, voeg maaskaas, kondensmelk en kitspoeding (droog) by. Roer met metaallepel.
  • 3. Voeg gedreineerde perskes (in stukkies gesny) by.
  • 4. Skep vulsel op vingerkoekies, verkoel in yskas.