
HOME / VOORBLAD
NEWS/NUUS
DIARY/DAGBOEK
HAPPENINGS JOLIFIKASIES
WEATHER/WEER
SMALLS / KITSGIDS
FARMING/BOERDERY
LETTERS/BRIEWE
TITBITS/ONS HOOR
STOP CRIME/MISDAAD
SPORT
WOMEN/VROUE
RECIPES/RESEPTE
INDEX/INDEKS
CONTACT US KONTAK ONS
EMERGENCY NUMBERS NOODNOMMERS
CHILDREN'S FUND KINDERFONDS
|
Non-Java Browsers: Back to recipe index
Aspersietert in ’n japtrap
Pleks van aspersies, kan enigiets ander op die kors beland, het Wagner gesê. Spek is een van haar ander gunstelinge. “Gooi jou witsousmengsel oor en siedaar.”
“As jy aspersies gebruik, maak net seker dit is nie draderig nie. Ek verkies die groenes in ’n blik, vir spoed natuurlik, wat dwarsdeur murgsag is,” het Wagner gesê. ’n Grypie rooipeper en mosterd vind ook sy plek in haar tertbak.
As jy ’n karnivoor is wat hoender en vark vir groente eet, dan is spek jou antwoord vir dié blitstert. Vergeet dan maar die aspersies of ander groente-eksperimente
’n Feta-en-spinasievulsel ewe lekker wees vir die gewone eter.
|
1 k koekmeel
125 g margarien of botter
250 ml kaas
Metode:
1. Vryf die margarien in die meel met die vingers en voeg die kaas by.
2. Druk die deeg liggies onder in ’n tertbord vas. Dreineer ’n blik van 410 g aspersies (of vars as-persies).
3. Behou die sous. Pak die aspersies op die kors.
Witsous:
Maak ’n witsous van 37,5 ml koekmeel
25 ml botter
375 ml van die aspersiesous en melk (helfte van elk)
2 ml sout
1 ml rooipeper
2 ml mosterdpoeier
Metode:
1. Verwyder van hitte en voeg hierby 250 ml gerasperde, beleë cheddar of ander skerp kaas en twee geklitste eiers asook ’n gebraaide ui.
2. Gooi die witsous oor die aspersies (of ander vulsel) in die kors. Bak vir 20 minute by 180°C tot goudbruin.
|
|
|
|