Die Pos front page
HOME / VOORBLAD

NEWS/NUUS

DIARY/DAGBOEK

HAPPENINGS
JOLIFIKASIES

WEATHER/WEER

SMALLS / KITSGIDS

FARMING/BOERDERY

LETTERS/BRIEWE

TITBITS/ONS HOOR

STOP
CRIME/MISDAAD

SPORT

WOMEN/VROUE

RECIPES/RESEPTE
INDEX/INDEKS

CONTACT US
KONTAK ONS

EMERGENCY NUMBERS
NOODNOMMERS

CHILDREN'S FUND
KINDERFONDS


Non-Java Browsers: Back to recipe index

Lip-aflek kaaspampoen

Marie Buys is 'n onderwyseres van die Hotelskool by Meetsetshehla High School op Vaalwater. Sy is oral bekend vir haar oorspronklikheid, besondere geregte en mooi gedekte tafels. Onder haar leiding word sjefs gekweek wat later van groot waarde vir die toerismebedryf gaan wees. Getrou aan haar reputasie het sy 'n baie besondere pampoen met bloukaas en grondbone-dis wat lippe-aflek-lekker is. Dit is genoeg vir vier porsies.

Bestanddele:
4 groot skywe pampoen, ongeskil
90 ml bruinsuiker
60 ml botter
1 vanielje peul in lengte verdeel en dan gehalveer
100 g grondbone
125 g bloukaas, gekrummel

Metode:

  • Verhit 'n swart platboompot.
  • Braai die pampoen in die suiker, botter en vanielje stadig tot dit deurskynend en sag is. Gebruik 'n eierspaan om die pampoen om te keer - dit moet heel bly.
  • Voeg grondbone en bloukaas by.
  • Sodra die kaas gesmelt is, verwyder die pampoen van die vuur of stoof en bedien warm.