
HOME / VOORBLAD
NEWS/NUUS
DIARY/DAGBOEK
HAPPENINGS JOLIFIKASIES
WEATHER/WEER
SMALLS / KITSGIDS
FARMING/BOERDERY
LETTERS/BRIEWE
TITBITS/ONS HOOR
STOP CRIME/MISDAAD
SPORT
WOMEN/VROUE
RECIPES/RESEPTE
INDEX/INDEKS
CONTACT US KONTAK ONS
EMERGENCY NUMBERS NOODNOMMERS
CHILDREN'S FUND KINDERFONDS
|
Non-Java Browsers: Back to recipe index
Spinasie-phyllo gereg
Retha Prinsloo van Nylstroom, 'n bekend in Vroue Landbou-unie kringe en tans onderwyseres by die Waterberg CVO-skool, deel met lesers haar Spinasie-phyllo gereg.
Retha is bekend vir haar heerlike resepte en haar fyn smaak en die keurige manier van voorsit maak elke ete van haar iets spesiaal. Sy sê hierdie gereg is veral heerlik saam met braaivleis of as 'n ligte noenmaal.
Vulsel:
750 ml gaar spinasie, goed gedreineer
250 g ontbytspek, gesnipper
250 g maaskaas
500 ml dik witsous
2 uie gekap
3 eiers geklits
1 teelepel sout
aromat
1-1½ teelepel knoffel
4 velle phyllodeeg
gesmelte botter of margarien
Metode:
Voorverhit oond tot 180ºC.
Meng al die bestanddele van vulsel.
Verf phyllo-deeg velle een vir een met gesmelte botter. Plaas op mekaar om bak uit te voer. (Dit sal oor die bak hang).
Gooi vulsel in uitgevoerde bak, en vou (bondel) phyllo oor rand van bak.
Bak tot goudbruin.
Wenk:
Neem foelie en bedek phyllo sodat dit nie te gou bruin bak nie. Wanneer vulsel gestol het, verwyder foelie en bak tot goudbruin.
|
|
|
|
|