
HOME / VOORBLAD
NEWS/NUUS
DIARY/DAGBOEK
HAPPENINGS JOLIFIKASIES
WEATHER/WEER
SMALLS / KITSGIDS
FARMING/BOERDERY
LETTERS/BRIEWE
TITBITS/ONS HOOR
STOP CRIME/MISDAAD
SPORT
WOMEN/VROUE
RECIPES/RESEPTE
INDEX/INDEKS
CONTACT US KONTAK ONS
EMERGENCY NUMBERS NOODNOMMERS
CHILDREN'S FUND KINDERFONDS
|
Non-Java Browsers: Back to recipe index
Etta se heerlike groenbonegereg
Etta Steyn van Vaal-water is die orreliste in die NG Kerk, sy rig die koor af en is bekend daarvoor dat sy graag met mense kuier en vreeslike lekker kos maak.
Sy ruk vir Die Pos ’n spesiale haas uit die hoed met haar groenbonegereg.
Niknaks-groenbone
Bestanddele:
500 g groenbone
125 g gekapte spek
250 g gesnyde sampioene
3 koppies witsous
Aromat en swartpeper
1 gekapte ui
Die helfte van ’n groot pak niknaks
Gerasperde kaas.
Metode:
1. Kook groenboontjies tot sag.
2. Gooi water af.
3. Braai spek, uie en sampioene saam.
4. Meng boontjies, uie, spek sampioene en niknaks saam.
5. Gooi die geurmiddel by en meng goed.
6. Meng 1/5 van die witsous met die boontjies.
7. Skep dit in ’n glasbak.
8. Gooi die res van die witsous oor en strooi die kaas oor.
9. Bak tot dit deur warm en die kaas gesmelt is.
(8 porsies)
|
|
|
|
|