Die Pos front page
HOME / VOORBLAD

NEWS/NUUS

DIARY/DAGBOEK

HAPPENINGS
JOLIFIKASIES

WEATHER/WEER

SMALLS / KITSGIDS

FARMING/BOERDERY

LETTERS/BRIEWE

CHAT TO US
GESELS SAAM

EX-PATRIATS
OUD-BOSVELDERS

TITBITS/ONS HOOR

STOP
CRIME/MISDAAD

SPORT

WOMEN/VROUE

RECIPES/RESEPTE

CONTACT US
KONTAK ONS

EMERGENCY NUMBERS
NOODNOMMERS

CHILDREN'S FUND
KINDERFONDS

11 Junie, 2010

Do you want to share something about our readers with our readers?
Fax it to (014) 736-3428 or
e-mail it with you name,
address and telephone number.

(let asseblief daarop dat 'Ons Hoor/Titbits' se datums nie noodwendig
elke week verander nie weens beskikbaarheid daarvan.)

Wil jy iets oor ons lesers met ons lesers deel? Faks dit na (014) 736-3428 of stuur dit per e-pos saam met jou naam, adres en telefoonnommer vir ons.


  • Die Exodus Sorg Sentrum bedank die lesers van Die Pos vir hulle ondersteuning. Hulle is egter nog dringend op soek na komberse en warm klere. Houtpale of balke word benodig vir hulle bouprojek. Alle donasies van kos en klere is welkom. Vir navrae bel Jakes Olivier by tel. 072 882 3457.
  • Baie geluk aan oupa George en ouma Veronica Baartman met julle kleinseun wat gewen het met die kleuterkompetisie by die Bela-Bela Karnaval! Hy is ’n regte hartebreker!
  • Daar is ’n brugklub op Bela-Bela wat Donderdagmiddae van twee-uur tot vyfuur by Tuintuiste bymekaarkom. Belangstellendes kan vir Linda bel by tel. (014) 736-2820.
  • Die Warmbad Dienssentrum bied elke Woensdag etes by die sentrum in Van der Merwestraat aan. Dit is om halftwaalf vir twaalfuur en kos R25 per lid. Ledegeld is R35 per jaar.
  • Wat ’n wonderlike ervaring was dit nie vir die Gernandt-”plaasjapies” om die Montecasino se teatro te besoek nie. Ons het ons verlustig aan die “Italiaanse dorpie” met sy pragtige winkeltjies en eetplekkies.  Dis verseker ’n plek om die verveelde kroos in die komende lang vakansie te neem. Die Grease-vertoning was skitterend. Dankie Joan Terblanche dat jy die bussie so behendig bestuur het. Jy mag maar weer!
  • Diamantvrou sê baie dankie aan Frank en Maryke Hinze vir die wildsvleis.
  • Baie geluk aan mnr. Hennie Coetzee, hoof van Laerskool Warmbad, met jou verjaardag hierdie week.  Mag jou planne nooit opraak met die vernuftigheid waarmee jy  en jou beheerliggaam jou skool bestuur nie. Jou kollegas is  regtig lief vir jou. Geniet Meneer se vakansie, sê Stefnie.
  • Mammie Alet, jy is ’n ster. Guisanta.
  • Die katte in Van Heerden- en McCordstrate op Bela-Bela pla die oumense regtig baie. Ons kan nie snags slaap nie soos wat hulle raas. Kan iemand nie asseblief help nie? vra Leser.
  • Me. Engeline Gericke is op soek na ou Duitse skoolhandboeke. Ons kry ’n Duitse uitruilstudent en ek wil graag my Duits naslaan, sê Gericke. Indien iemand kan help bel tel 082 770 1701. Boeke sal afgehaal word.
  • Sondela Natuurreservaat is op soek na ou of stukkende kinderfietse, skopfietse of driewielfietse wat nie meer gebruik word nie. Sondela sal self die fietse laat herstel indien dit nodig is. Die fietse sal aangewend word vir die kinders wat by die Sehoale-skool op die reservaat onderrig word. Die kinders wil graag op Saterdag, 24 Julie, aan die Sondela Natuurreservaat se bergfietswedren deelneem, maar benodig fietse. As iemand kan help, bel me. Colette Komlosy by tel. (014) 736-8900 of tel. 072 401 5005. Die fietse sal afgehaal word.
  • Daar is ’n beursie by Shoprite/Checkers op Bela-Bela opgetel. Die bestuurderslisensie en nog ander kaarte is steeds in die beursie. Gaan doen gerus daar navraag.
  • Dankie aan ds. Thys en sy span vir die optrede van Retief Burger-hulle by die NG Moedergemeente Warmbad. Dit was ’n ongelooflike ervaring.
  • In Die Pos van Vrydag, 4 Junie, is daar in die Comrades-artikel melding gemaak van Chris Smit wat sy dertiende wedloop voltooi het. Daar het ongelukkig ’n fout ingesluip, dit is Chris Fourie wat die wedloop voltooi het. Jammer!
  • Aan ons ma, die Diamantvrou, Susan Victor, ons is baie trots op Ma. Dankie vir wat Ma alles vir die behoeftiges doen.